![]() |
’n Mosambiekse spoegkobra op die H8 naby die Olifantsruskamp.
’n Hele 52 van die 114 reptielspesies in die wildtuin is slange. Hulle word meestal gesien terwyl hulle paaie oorsteek, maar is soms so vinnig dat jy hulle skaars oplet. Sommige, soos die pofadder en die luislang, beweeg stadiger.
Slange word soms in die hoofruskampe gesien. Bedags verklap voëls gewoonlik ’n slang deur rondom dit saam te drom en ’n groot kabaal op te skop. Snags moet jy skoene dra en met ’n flitslig stap, anders trap jy dalk op ’n slang.

Sommige slange kamoefleer hulle baie goed. Pofadders is een van die algemeenste en bes gekamoefleerde slange in die wildtuin en kom soms in die Satara-kampeerterrein. Hulle beweeg baie stadig en maak op hulle kleure staat om vir roofdiere en prooi weg te kruip. As dié meneer jou pik, kan jy ’n ledemaat verloor.

Die bosveldkapel is een van die grootste slange en het die kenmerkende bakkop wat kobras wys as hulle bedreig voel. Die dwars streep oor die keel lyk baie soos dié van die Mosambiekse spoegkobra, maar die bosveldkapel is gewoonlik groter en kan nie spoeg nie. As jy ’n slang teëkom wat orent staan en bakkop maak, staan dadelik terug. As dié slang jou pik, kan jy ernstig beseer word en selfs sterf.

Die streeppenssandslang, ’n algemener en redelik skadelose spesie, is een van die vinnigste slange. ’n Mens sien hulle dikwels in die son op ’n klip lê, maar as jy nadergaan, verdwyn hulle blitsvinnig.
As jy registreer kan jy:







