Sivetkat

(Civettictic Civetta)


lion

Sivetkatte is van die mooiste diere in die wildtuin, maar word selde gesien omdat hulle nagdiere is wat in digte plantegroei rondbeweeg. Hulle pels het donker strepe, kolle en rosette en op die gesig is daar ’n merk wat aan ’n wasbeer herinner. Hulle word gewoonlik net op begeleide nagritte gesien, maar jy kan hulle ook by die heinings van sekere kampe teëkom.

Lengte:

120-140 cm/47,2-55,1 duim

Gewig:

9-15 kg/20-33 pond

Kos:

Ongewerweldes, klein knaagdiere, reptiele, voëls en selfs wilde vrugte.

Kenmerke:

Donker strepe, kolle en rosette en ’n donker streep oor die snoet.

Habitat:

Hoofsaaklik digte struike langs riviere.

Sosiale gedrag:

Alleen of in pare.

Aktief:

Snags.


 

Terug na die soogdierblad

 
Kyk hier uit vir sivetkatte:

Sivetkatte kom na sommige kampe se heining, veral dié langs rivierbeddings

Maroela is een van die kampe waar hulle meer dikwels gesien word.

Gaan op ’n begeleide nagrit langs ’n rivier, soos by Skukuza en Shingwedzi.



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

  • Jou reisstories en -wenke deel.
  • Jou foto's oplaai.
  • Met ander Weg-gers aanlyn gesels.
  • Raad vra.
  • Al jou webgunstelinge stoor.
  • Deel raak van die Weg! -toetspaneel.