Seekoei

(Hippopotamus Amphibius)


lion

Seekoeie bring die meeste van die dag in damme en riviere deur en kom net snags uit om te wei, soms kilometers van die water af. Die meeste groot damme en riviere in die Krugerwildtuin, en selfs van die kleiner natuurlike panne wat ná reën vorm, het seekoeie. ’n Volwasse seekoei kan tot 6 minute onder water bly.
 

hippo   hippos

Seekoeie het reuse-bekke en tande.

 

Seekoeie kom in so te sê al die wildtuin se damme, riviere en panne voor.

 


Bulle en koeie lyk byna dieselfde:

Skouerhoogte:

1,5 m/4,9 voet

Gewig:

1 000-2000 kg/2 200-4 400 pond

Kenmerke:

Vatvormige lyf met ’n grysbruin vel.

Kos:

Meestal gras.

Habitat:

Die meeste damme, riviere en groter poele in die Krugerwildtuin.

Sosiale gedrag:

Troppe van 10-15 met koeie, kalwers en een dominante bul. Groter troppe kom ook voor.

Aktief:

Rus bedags en verlaat die water snags of op koel, bewolkte dae om te wei.

Kalwers:

Een kalf word ná 225-257 dae gebore.

 


Terug na die soogdierblad.

 

Kyk hier uit vir seekoeie:

leopard

Kampe:
Onder-Sabie

Skukuza

Satara

Paaie:
Nsemanidam (H7)

Lake Panic-skuiling

H4-1-teerpad

Shipandani-skuiling

Wenwenke:

By die Lake Panic-skuiling kyk jy die seekoeie so te sê in die oë.

As jy by die Shipandani-skuiling oornag, hoor jy die seekoeie snags nurk.

Jy behoort amper altyd by die Nsemanidam langs die H7 seekoeie te sien.

Kyk nog foto's:

other mammals gallery



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

  • Jou reisstories en -wenke deel.
  • Jou foto's oplaai.
  • Met ander Weg-gers aanlyn gesels.
  • Raad vra.
  • Al jou webgunstelinge stoor.
  • Deel raak van die Weg! -toetspaneel.