(Equus Burchellii)

Baie wildtuinbesoekers wil graag sebras sien. Dié pajamaperde verkies oop habitatte met korterige gras, veral die oop savannegrasveld and Knoppiesdoringsavannes.
![]() |
![]() |
|
| Sebras is baie sosiaal en word dikwels gesien waar hulle mekaar roskam of met hulle kop op ’n maat se rug leun. | Elke sebra se strepe is uniek en vullens ken hulle ma aan die patroon uit. |
Hingste en merries lyk byna dieselfde:
|
Skouerhoogte |
1,3 m/4,2 voet |
|
Gewig |
290-340 kg/530-750 pond |
|
Kenmerke |
Swart-wit streeppatrone; hingste en merries lyk byna dieselfde. |
|
Kos |
Meestal kort gras en langer, taaier stingels. |
|
Habitat |
Oop gebiede met volop korterige gras asook redelik berg- of heuwelagtige terrein, mits daar genoeg kos is. |
|
Sosiale gedrag |
Klein familietroppe van 4-6 met ’n dominante hings en ’n paar merries en hulle vullens. Ná goeie reëns vorm verskillende familietroppe dikwels ’n groot trop. Sommige hingste vorm aparte troppe. |
|
Aktief |
Vreet bedags en rus snags. |
|
Vullens |
Een vul word ná ongeveer 375 dae gebore. |

Kampe:
Satara
Onder-Sabie
Olifants/Balule
Krokodlbrug
Paaie:
H6-teerpad
H1-4-teerpad
S28 Nhlowapad
S90-grondpad
Wewenke:
Soek in die vlaktes.
Kyk in die gebied rondom Satara.
Kyk nog foto's:

As jy registreer kan jy:







