(Felis Caracal)

Rooikatte word uiters selde in die wildtuin gesien, nie net omdat hulle meestal snags rondbeweeg nie, maar ook omdat hulle baie menssku is. Hulle kamoefleer hulle baie goed.
|
Skouerhoogte |
±45 cm/17,7 duim |
|
|
Gewig |
7-19 kg/15-42 pond |
|
|
Kenmerke |
Rooibruin kat met lang, donker haarpluise op die ore. |
|
|
Kos |
Klein tot middelslag-soogdiere, asook klein boksoorte, voëls, knaagdiere en insekte. |
|
|
Habitat |
Enige habitat in die Kruger; rooikatte is baie aanpasbaar. |
|
|
Sosiale gedrag |
Alleenlopers. |
|
|
Aktief |
Meestal snags, maar hulle jag ook op bewolkte en reëndae. |
|
Hoewel rooikatte oral in die Krugerwildtuin voorkom, is hulle so ontwykend dat dit byna onmoontlik is om kampe en paaie aan te beveel.
’n Begeleide nagrit is die beste moontlikheid. As jy een raakloop, sal dit onverwags en kortstondig wees.
As jy registreer kan jy:







