(Canis Mesomelas)

Rooijakkalse verkies oop gebiede met kort gras en hou hulle kleintjies in ondergrondse neste. Hulle aas, maar is ook goeie jagters en kan tot ’n volwasse rooibok neertrek as hulle in ’n trop jag. Bedags smelt hulle met die omgewing saam deur plat te lê in oop gebiede sodat net hulle gepunte ore hulle teenwoordigheid verklap.
|
Skouerhoogte: |
±38 cm/15 duim |
|
Gewig: |
6-10 kg/13,2-22 pond |
|
Kenmerke: |
Swart pels op die rug. |
|
Kos: |
’n Verskeidenheid, van jong bokke tot voëls, knaagdiere, insekte en aas. |
|
Habitat: |
Baie aanpasbaar, maar veral oop gebiede met kort gras. |
|
Sosiale gedrag: |
In pare en klein familiegroepe. |
|
Aktief: |
Bedags en snags, maar meestal snags. |
Kampe:
Orpen
Tamboti
Maroela
Satara
Paaie:
H7-teerpad
S106-grondpad (wes)
H6-teerpad
S143-grondpad
Wenwenke:
Kyk in oop gebiede met kort gras, veral die vlaktes reg oos van Orpen langs die H7 en S106.
Probeer ook die oop vlakte rondom dieThihongonyeni-watergat langs die S143.
Gaan op ’n begeleide nagrit.
As jy registreer kan jy:







