Renoster

(Wit- en swartrenoster)

(Ceratotherium simum & Diceros bicornis)


lion

Die skaars swartrenoster is ’n blaarvreter en hou van digte struike terwyl die meer algemene witrenoster gras vreet en oop gebiede verkies. Albei kom meer in die suide van die wildtuin voor, maar bittermin besoekers kom ooit die swartrenoster teë.

Anders as wat die name aandui, verskil dié twee se kleur nie baie nie. Die naam witrenoster is glo afkomstig van die Nederlandse en Afrikaanse woorde “wijde” en “wyd”, wat na die bek verwys en verkeerdelik as “wit” vertaal is. Later is die swartrenoster (ook bekend as die vierkantige-lip) na aanleiding hiervan gedoop.

Witrenoster
Swartrenoster
white rhino black rhino

Die witrenoster het ’n groot skof, ’n langer kop wat afwaarts wys en ’n wye lip om mee te wei. Sy tweede horing is gewoonlik korter as die swartrenoster s’n en sy eerste horing het ’n baie dik basis.

Die swartrenoster het nie so ’n prominente skof soos die witrenoster nie, ’n korter kop wat vorentoe wys en ’n haaklip waarmee dit blare van takke stroop. Sy tweede horing is langer as die witrenoster s’n.

 

Witrenosterbul
Witrenosterkoei
male white rhino female white rhino
Skouerhoogte:

170 - 180 cm / 67-71 duim

Skouerhoogte:

170 - 180 cm / 67-71 duim

Gewig:

tot 2200kg / 4850 pond

Gewig:

tot 1600kg / 3500 pond

Kenmerke:

Die bulle is groter met korter, dikker horings. Hulle het ook dikker nekke met reuse-skofte. Die koeie het soms baie lang eerste horings.



Meer renoster-feite:

Kos:

Swartrenosters vreet blare en witrenosters vreet kort gras.

 

Habitat:

Swartrenosters verkies digter bosse en word by Skukuza en Pretoriuskop aangetref. Witrenosters verkies oop veld met kort gras vir weiding. Hulle wei ook in klipperige gebiede, gewoonlik in die suide.

 

Sosiale gedrag:

Swartrenosters is meer geneig om alleen te loop as witrenosters, wat klein familietroppies van 7 of 8 vorm.

 

Aktief:

Albei spesies is bedags en snags bedrywig, maar wei meestal vroegoggend en laatmiddag. In die middel van die dag skuil hulle dikwels teen die hitte.

 

Kalwers:

Swartrenosters is omtrent 450 dae dragtig en witrenosters 480 dae.Swartrenosterkalwers loop gewoonlik agter die ma en witrenosterskalwers voor haar. Kalwers word op ongeveer 12 maande gespeen.

 



Terug na die soogdierblad

 

 
Kyk hier uit vir renosters:

leopard

Kampe – witrenosters:
Krokodilbrug

Berg-en-Dal

Onder-Sabie

Kampe – swartrenosters:
Skukuza

Pretoriuskop

Paaie – witrenosters:   
H4-2-teerpad

H1-1-teerpad

S110-Matjulu-omrit

S1-Doispanepad

S41-grondpad

Paaie – swartrenosters:
S65-grondpad

H4-1-teerpad

H1-1-teerpad

S82-Mativuhlungu-pad

S125-N'waswitsontso-pad

Wenwenke:
As jy ’n renoster naby Skukuza sien, kyk mooi, dalk is dit die skaarser swartrenoster.

Renosters gaan dikwels soggens en smiddae na watergate om te drink of rond te plas. Die Matjulu-watergat naby Berg-en-Dal is een van die beste plekke vir witrenosters.

Ry by oop velde rondom Krokodilbrug, Onder-Sabie en Berg-en-Dal vir witrenosters.

Kyk na renosterfoto’s

rhino gallery



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

  • Jou reisstories en -wenke deel.
  • Jou foto's oplaai.
  • Met ander Weg-gers aanlyn gesels.
  • Raad vra.
  • Al jou webgunstelinge stoor.
  • Deel raak van die Weg! -toetspaneel.