(Mellivora Capensis)

Die ratel het ’n reputasie as een van die aggressiefste diere in Afrika. Die spreekwoord “so taai soos ’n ratel” verklap dat niks hulle stuit nie en hulle het al selfs olifante aangeval.
Dié taai soogdier het ’n interessante verhouding met die heuningwyservoël, wat die ratel roep sodra hy ’n byekorf opgespoor het en hom dan daarheen lei. ’n Dik pels beskerm die ratel teen bysteke en nadat hy die heuningkoeke uitgegrawe het, los hy ’n stuk vir die heuningwyser. Sommige ratels het selfs al met mense so ’n verhouding opgebou.
|
Skouerhoogte: |
±30 cm/11,8 duim |
|
Gewig: |
8-14 kg/17,6-30,9 pond |
|
Kenmerke: |
’n Strook wit pels oor die kop en rug. |
|
Kos: |
’n Groot verskeidenheid, soos insekte, ongewerweldes, knaagdiere en voëls. Ratels stroop ook byekorwe vir larwes en heuning. |
|
Habitat: |
Baie aanpasbaar, dus enige plek in die Krugerwildtuin. |
|
Sosiale gedrag: |
Alleenlopers, pare of klein familiegroepe. |
|
Aktief: |
Meestal snags, maar ook vroegoggend of laatmiddag. |
Ratels is baie ontwykend en word selde gesien. Hulle kom oral in die wildtuin voor, maar dis bykans onmoontlik om kampe en paaie aan te beveel. ’n Begeleide nagrit is die beste.
Terug na die soogdierblad
As jy registreer kan jy:







