(Loxodonta africana)

Die olifant is die wêreld se grootste landsoogdier. In die Krugerwildtuin beweeg hulle gewoonlik in kleiner kuddes van 5-30 en word hulle naby water aangetref.
Bul |
Koei |
![]() |
![]() |
| Skouerhoogte: |
3m / 10 voet+ |
Skouerhoogte: |
2.5 m / 8.2 voet+ |
| Gewig: |
tot 5000 kg / 11000 pond |
Gewig: |
tot 3000 kg / 7700 pond |
| Kenmerke: |
Die bulle is groter met groter tande en ’n ronder voorkop; die koeie se voorkop is vierkantiger. |
||
|
Kos: |
Blare, gras, blomme, wortels en boombas. In die somer kan ’n groot bul tot 300 kg plantegroei per dag inneem. |
|
Habitat: |
Oral in die wildtuin naby riviere en damme, maar in groter getalle in die noordelike mopanievelde. Hulle hou van grasvlaktes ná reën en is in die somer volop in die suide. |
|
Sosiale gedrag: |
Matriargaal. Kuddes bestaan uit ’n groep verwante koeie – ’n ma, haar dogters en kleindogters bly by mekaar. Sekere tye van die jaar sluit dié groepe by mekaar aan en vorm groter kuddes. Bulle loop gewoonlik alleen of in klein vrygeselgroepe en sluit hulle net vir kort tydperke by die groter troppe aan. |
|
Aktief: |
Gewoonlik 16 uur per dag, veral soggens, smiddae en laatnag. |
|
Kalwers: |
Een (tweelinge is baie skaars) word ná omtrent 22 maande gebore. Kalwers word op 1-2 jaar gespeen, maar kan tot op 4 jaar van die koei afhanklik wees. |

Kampe:
Mopani
Shingwedzi
Letaba
Onder-Sabie
Paaie:
H4-1-teerpad
H10-teerpad
S143-grondpad
S52-Red Rocks-omrit
H1-2-teerpad
Wenwenke:
Soek langs die groot riviere soos die Shingwedzi, Letaba, Olifants en Sabie.
Kyk na die horison by uitkykpunte; jy sien hulle dikwels in die verte.
Kyk na olifantfoto’s
As jy registreer kan jy:







