Njala

(Tragelaphus Angasii)


lion

Die njala met sy pragtige lyne, horings (bulle) en pels verkies die digte habitatte in die noorde van die Krugerwildtuin. Dié skaars boksoort word net langs sommige paaie gesien, soos in die suide naby Skukuza.

Bul
Ooi
nyala male nyala female
Skouerhoogte:

±115 cm / 45.3 duim

Skouerhoogte:

±97 cm / 38.2 duim

Gewig:

±108 kg / 240 pond

Gewig:

±62 kg / 140 pond

Kenmerke:

Die bulle is effens groter en baie donkerder met indrukwekkende spiraalhorings.

Kenmerke:

Die ooie is effens kleiner en is baie ligter



Meer njala-feite:

Kos:

Meestal blare, maar ook vars gras in die reënseisoen.

Habitat:

Die digter gebiede in die noorde waar bome genoeg kos en skuiling bied.

Sosiale gedrag:

Klein kuddes van 3-8 koeie en kalwers. In die paarseisoen sluit ’n bul by die kudde aan, andersins is hulle alleenlopers.

Aktief:

Meestal vroegoggend en laatmiddag.

Kalwers:

Een kalf word ná ongeveer 220 dae gebore.

 


Terug na die soogdierblad

 
Kyk hier uit vir njalas:

nyalas

Kampe:
Punda Maria

Shingwedzi

Skukuza

Paaie:
S64-Nyala-omrit

S99-Mahonie-omrit

S63-grondpad

H4-1-teerpad

Wenwenke:

Soek njalas in die verre noorde in die sandveld.

Kyk langs paaie rondom  Punda Maria en Pafuri.
Ry die H4-1 tussen Skukuza en Onder-Sabie.

Kyk na bokfoto’s

antelope gallery



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

  • Jou reisstories en -wenke deel.
  • Jou foto's oplaai.
  • Met ander Weg-gers aanlyn gesels.
  • Raad vra.
  • Al jou webgunstelinge stoor.
  • Deel raak van die Weg! -toetspaneel.