Twee nagaapspesies kom in die Kruger voor – die nagaap en die bosnagaap. Albei is nagdiere en word net op begeleide nagritte of in ruskampe gesien. Hulle is eintlik klein primate, maar lyk soos ape en bring die meeste van hulle tyd in bome deur.
Nagaap
(Galago Moholi)

Nagapies is baie klein (omtrent so groot soos ’n gebalde vuis) en kom net in die donker uit, wanneer hulle rats van tak tot tak spring. Hulle reuse-oë kan die kollig van ’n voertuig ver weerkaats.
|
Lengte: |
30-40 cm/11,8-15,8 duim |
|
|
Gewig: |
±150 g/5,3 ons |
|
|
Kenmerke: |
Klein primaat met groot oë en ore. |
|
|
Kos: |
Hoofsaaklik akasiaboomgom en insekte. |
|
|
Habitat: |
Akasiasavannes en rivierwoude. |
|
|
Sosiale gedrag: |
Familiegroepe van 2-8, maar op nagritte word hulle gewoonlik alleen gesien. |
|
|
Aktief: |
Snags. |
|
(Otolemur Crassicaudatus)

Die bosnagaap is groter as die nagaap en word selfs snags selde gesien. Hulle bly in die digte boomtoppe van rivierwoude en ander ruigtes. ’n Harde en kenmerkende roep maak dit makliker om hulle met ’n flits of kollig in die kamp op te spoor.
|
Lengte: |
70-80 cm/27,6-31,5 duim |
|
|
Gewig: |
1-1,5 kg/2,2-3,3 pond |
|
|
Kenmerke: |
Klein primaat met groot oë en ore. |
|
|
Kos: |
Vrugte, akasiaboomgom, insekte en voëls. |
|
|
Habitat: |
Woude, rivierwoude en akasiasavannes. |
|
|
Sosiale gedrag: |
Hulle rus in familiegroepe van 2-6, maar vreet alleen. |
|
|
Aktief: |
Snags. |
|
Kyk hier uit vir nagape:

Kampe:
Skukuza
Onder-Sabie
Satara
Wenwenke:
Soek by Skukuza-kamp. Luister snags vir hulle roep en soek hulle dan met ’n flitslig..
Gaan op ’n begeleide nagrit in akasiagebiede soos Skukuza en Onder-Sabie).
Kyk nog foto's:
As jy registreer kan jy:







