(Genetta Tigrina & Genetta Genetta)

Die twee muskejaatkatspesies – die rooi- en kleinkolmuskejaatkat – lyk byna identies. Al twee het donker kolle en strepe op ’n liggrys pel, maar die rooikolmuskejaatkat se stertpunt is swart en die kleinkolmuskejaatkat s’n is wit.
Dié klein, muishondagtige soogdiere word gereeld op nagritte gesien, maar is baie aktief en verdwyn dikwels in die lang gras en bosse voordat ’n mens hulle behoorlik kan sien. Daar is soms makkerige muskejaatkatte in die ruskampe.
|
Lengte: |
±50 cm/19,7 duim |
|
Gewig: |
1,5-3,2 kg/5,5-7 pond |
|
Kenmerke: |
Kolle op die lyf en strepe om die stert. |
|
Kos: |
Hoofsaaklik ongewerweldes en knaagdiere, maar ook voëls, ander klein soogdiere en wilde vrugte. |
|
Habitat: |
Gewoonlik baie aanpasbaar, maar die rooikolmuskejaatkat verkies ruie gebiede met baie water. |
|
Sosiale gedrag: |
Alleenlopers. |
|
Aktief: |
Hoofsaaklik snags. |
Die Berg-en-Dal-ruskamp en sy kampeerterrein asook die Maroela-ruskamp is goeie plekke om muskejaatkatte te sien.
As jy registreer kan jy:







