(Panthera pardus)

Luiperds is een van die groot vyf diere wat die moeilikste in die Kruger gekry word. Hulle beweeg op hulle eentjie rond, is baie sku en ontwykend en meestal snags aktief, wat dit moeilik maak om hulle bedags te sien. Hulle verkies klipperige gebiede en digte struike en bly dikwels langs riviere.
Mannetjie |
Wyfie |
![]() |
![]() |
| Skouerhoogte: |
60 - 70 cm / 24 - 28 duim |
Skouerhoogte: |
55 - 65 cm / 22 - 26 duim |
| Gewig: |
35 - 90 kg / 77 - 198 pond |
Gewig: |
28 - 58 kg / 61 - 128 pond |
| Kenmerke: |
Die mannetjies is groter, maar lyk andersins dieselfde as die wyfies. |
||
|
Kos: |
Hulle jag meestal rooibokke, maar eet van sprinkane en vis tot ystervarke en jong wildebeeste, asook voëls en knaagdiere. |
|
Habitat: |
Luiperds is baie aanpasbaar en kan in die meeste habitatte oorleef, van berge tot grasvlaktes en woude. In die wildtuin kom hulle meestal voor in gebiede met digte plantegroei, veral langs rivierlope en in boomryke terrein. |
|
Sosiale gedrag: |
Mannetjies en wyfies loop alleen en kom net bymekaar om te paar. Welpies bly by die wyfie tot hulle 18-24 maande oud is, waarna hulle uit die wyfie se gebied gesit word. |
|
Aktief: |
Meestal snags, maar hulle jag ook op koel, bewolkte of reëndae en vroegoggend of laatmiddag. |
|
Welpies |
1-3 welpies word ná 90-100 dae gebore en word reeds op 3 maande gespeen. |
Luiperd |
Jagluiperd |
![]() |
![]() |
Luiperds is groter en stewiger as jagluiperds met kolle wat groter rosette vorm. Jagluiperds is skraler met kleiner, ronde kolle. Luiperds is meestal snags aktief, klim gereeld in bome en sleep hulle prooi saam die takke in. Jagluiperds jag bedags en kan nie goed boom klim nie.

Kampe:
Berg-en-Dal
Skukuza
Shingwedzi
Paaie:
S110-Matjulu-omrit
H4-1-teerpad
S1-Doispanepad
S39-grondpad
S52-Red Rocks-omrit
Wenwenke:
As jy nie op ’n georganiseerde wildsrit gaan nie, ry vroeg, net ná hekoopmaaktyd.
Ry stadig en kyk langs rivierlope, in groot bome en by klipperige rante.
Keer terug na karkasse – luiperds vreet soms dae lank aan dieselfde een.
Oorweeg ’n nagrit; dis wanneer luiperds aktief is.
Kyk na luiperdfoto’s
As jy registreer kan jy:







