Likkewaan


Twee spesies kom oral in die Krugerwildtuin voor: die veldlikkewaan en die waterlikkewaan.

 

Waterlikkewaan

(Varanus Niloticus)

Nile Water Monitor

Waterlikkewane lyk gladder en kleurryker as die vaal veldlikkewane. Van naby kan jy die donker merke op hulle gelerige nek sien. Hulle is gewoonlik langs riviere en damme waar hulle op klippe in die son lê of naby die water loop. Jy kan hulle selfs sien swem. Hulle word langer as 2 meter, maar jy sal gewoonlik die kleiner outjies van omtrent ’n meter sien.

Veldlikkewaan

(Varanus Albigularis)

Rock Monitor

Veldlikkewane is stewiger, growwer en valer as waterlikkewane. Hulle klim goed boom en gebruik nes waterlikkewane hulle stert soos ’n sweep vir selfverdediging. Hulle word meestal in van die kampe gesien en nie noodwendig naby water nie.

martial eagle

Veldlikkewane is op die spyskaart van die breëkoparend, een van die grootste roofvoëls in die wildtuin.
 

Terug na die reptielblad

 

Kyk hier uit vir likkewane:

leopard

Kampe:
Letaba

Berg-en-Dal

Skukuza

Paaie:
Seekoeigate

S23-Biyamiti-omrit

S51-grondpad

Lake
Panic-voëlskuiling

Wenwenke:

Likkewane lê graag in die son; soek dus oral op groot rotse langs rivierbeddings of naby water.

Besoek die Letaba-ruskamp en omgewing.

 Kyk na reptielfoto’s 

reptiles gallery



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

  • Jou reisstories en -wenke deel.
  • Jou foto's oplaai.
  • Met ander Weg-gers aanlyn gesels.
  • Raad vra.
  • Al jou webgunstelinge stoor.
  • Deel raak van die Weg! -toetspaneel.