(Oreotragus Oreotragus)

Klipspringers word, soos hulle naam sê, net in klipperige habitatte aangetref waar hulle met die grootste gemak oor klippe beweeg. Dié bokkies is redelik volop, maar word dikwels misgekyk omdat hulle so klein is en tjoepstil staan wanneer iemand verby ry.
Ram |
Ooi |
![]() |
![]() |
| Skouerhoogte: |
±60 cm/23,6 duim |
Skouerhoogte: |
±60 cm/23,6 duim |
| Gewig: |
±10-13 kg/22-28,7 pond |
Gewig: |
±10-13 kg/22-28,7 pond |
| Kenmerke: |
Die ramme het kort, skerp horings. |
Kenmerke: |
Die ooie het nie horings nie. |
| Habitat: |
Oral in die wildtuin waar kliprante of kranse is. |
| Aktief: |
Meestal vroegoggend of laatmiddag. |
| Kos: |
Meestal blare, maar soms ook gras. |
| Sosiale gedrag: |
Beweeg in pare of klein familiegroepe van 3 of 4. |
| Lammers: | Een lammer word ná ’n dratyd van ongeveer 210 dae gebore. |
| In die Kruger: |
Vir meer inligting oor die Klipspringer, gaan na die kolom aan die regterkant. |

Kampe:
Olifants
Skukuza
Lower Sabie
Paaie:
S44-grondpad
H1-1-teerpad
H4-1-teerpad
Wenwenke:
Kyk altyd mooi by kliprante.
Ry na die gebied reg noord van Olifants.
Hou veral die kliprante dop langs die H1-1-H3-aansluiting.
Kyk langs die H4-1 net noordwes van Onder- Sabie waar die pad en die klipperige syloop kruis.
Kyk na bokfoto’s
As jy registreer kan jy:







