Eland

(Taurotragus Oryx)


lion

Hoewel die eland die grootste boksoort in Afrika is, word hulle nie baie in die Krugerwildtuin gesien nie. As een van die skaamste boksoorte vermy hulle mense en verkies die Mopanie- en boswilgerbosveld. Die bulle het groter horings as die koeie en kan amper ‘n ton weeg.

Skouerhoogte:

1,5-1,7 m/4,9-5,6 voet

Gewig:

450-900 kg/990-1 980 pond

Kenmerke:

Prominente skof met wit strepe oor die rug.

Kos:

Blare en gras.

Habitat:

Redelike oop savannes noord van die Olifantsrivier.

Sosiale gedrag:

Taamlike groot troppe van 10 of meer.

Aktief:

Meestal bedags.


 


Terug na die soogdierblad

 
Kyk hier uit vir elande:

Kampe:
Shingwedzi

Mopani

Letaba

Punda Maria

Paaie:
H1-7-teerpad

S143-grondpad

S50-grondpad
(suid)
S61-grondpad

H9-teerpad

Wenwenke:

 

Moenie suid van die Olifantsrivier elande soek nie; kyk in die mopanieveld noord van die rivier.

Kyk by die Thihongonyeni-watergat langs die S143.

Besoek die Klopperfontein-gebied noordoos van Punda Maria.

As jy een van dié bokke sien, teken dit by ontvangs aan in die boek vir skaars boksoorte.



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

  • Jou reisstories en -wenke deel.
  • Jou foto's oplaai.
  • Met ander Weg-gers aanlyn gesels.
  • Raad vra.
  • Al jou webgunstelinge stoor.
  • Deel raak van die Weg! -toetspaneel.