• Soogdiere |
  • Ander boksoorte |
  • Gewone duiker

 

 

Gewone duiker

(Sylvicapra Grimmia)


lion

Gewone duikers is volop in die wildtuin, maar word dikwels misgekyk omdat dié klein bokkies hulle goed kamoefleer deur bloot doodstil te staan. As hulle besef hulle word dopgehou, verdwyn hulle blitsvinnig die ruigtes in.

Skouerhoogte:

±50 cm / 19.7 duim

Gewig:

±19 kg / 42 pond

Kenmerke:

Klein, met ’n donker pluis op die kop en donker strepe aan die snoet. Net die ramme het horings.

Kos:

Meestal blare.

Habitat:

’n Verskeidenheid redelik ruie habitatte.

Sosiale gedrag:

Meestal alleenlopers, maar soms in pare.

Aktief:

Snags, vroegoggend en laatmiddag.

In die Kruger:

Vir meer inligting oor gewone duikers, gaan na die kolom aan die regterkant.



Terug na die soogdierblad
.


 

Kyk hier uit vir gewone duikers:

Kampe:
Skukuza

Satara

Paaie:
S125-grondpad

H4-1-teerpad

H1-2-teerpad

Wenwenke:
Kyk in gebiede met digte plantegroei.

Hulle vries gewoonlik en spring dan blitsig weg.

Moenie die gewone duiker verwar met die rooier steenbok of die donkerder tropiese grysbok, wat wit strepies het, nie.

Kyk na bokfoto’s

antelope gallery



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

  • Jou reisstories en -wenke deel.
  • Jou foto's oplaai.
  • Met ander Weg-gers aanlyn gesels.
  • Raad vra.
  • Al jou webgunstelinge stoor.
  • Deel raak van die Weg! -toetspaneel.