Bobbejaan

(Papio Ursinus)


lion

Bobbejane is baie afhanklik van water en is veral volop langs die Sabie-, Timbavati- en Letabarivier. Trouens, hulle kom oral in die Kruger voor waar water is. Hulle vorm dikwels baie groot troppe met tot 50 lede.

Mannetjies
 
Wyfies

 

 

 

Skouerhoogte: ±120-160 cm/47-63 duim
 
Skouerhoogte: ±100-120 cm/39-47 duim
Gewig: ±25 - 45 kg / 55 - 99 pond
 
Gewig: ±12 - 20 kg / 26 - 44 pond
Kenmerke: Die mannetjies is groter, veral as hulle dominant is.
 
Kenmerke: Kleiner as die mannetjies

Meer bobbejaan-feite:

Kos:

Amper enigiets: vrugte, blare, gras, blomme, insekte, voëls en vleis.

Habitat:

Hulle gaan nooit ver van water af nie en slaap in groot bome of klipperige gebiede. Hulle kom oral in die wildtuin voor.

Sosiale gedrag:

Troppe van 30-50 met ’n dominante leier en ’n streng hiërargie.

Aktief:

Bedags.

Kleintjies:

Een kleintjie op ’n slag. Baie jong kleintjies klou aan die ma se maag. Namate hulle ouer raak, begin die ma hulle abba.



Terug na die soogdierblad

 
Kyk hier uit vir bobbejane:

leopard

Kampe:
Skukuza

Onder-Sabie

Orpen/Tamboti/Maroela

Letaba

Paaie:
H4-1-teerpad

H7-teerpad
(wes)
H1-6 (langs die Letabarivier)

Wenwenke:

Soek langs die groot riviere, veral die Sabie.

Kyk by die Sabierivierbrug by die kruising van die H4-1  en die H12 .

Kyk nog foto's

baboons and monkeys gallery



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

  • Jou reisstories en -wenke deel.
  • Jou foto's oplaai.
  • Met ander Weg-gers aanlyn gesels.
  • Raad vra.
  • Al jou webgunstelinge stoor.
  • Deel raak van die Weg! -toetspaneel.