(Connochaetes Taurinus)

Blouwildebeeste verkies oop savannegrasveld, maar kom ook in ander habitatte soos knoppiesdoringsavanneveld en mopaniebosveld voor. In die wildtuin vorm dié graseters nie sulke groot kuddes soos in Kenia se Masai Mara of Tanzanië se Serengeti nie, maar ná groot reëns smelt kleiner kuddes wel saam.
Bul |
Koei |
![]() |
![]() |
| Skouerhoogte: |
±1,5 m/5 voet |
Skouerhoogte: |
±1.3 m / 4.3 voet |
| Gewig: |
±250 kg / 550 pond |
Gewig: |
±170 kg / 370 pond |
| Kenmerke: | Donkergrys met ’n opvallende skof. Die bul is effens groter as die koei en het groter horings. | Kenmerke: | Die koei is effens kleiner as die bul en het nie horings nie. |
|
Kos: |
Hoofsaaklik kort groen gras. |
|
Habitat: |
Oop veld, en ook waar daar kort gras en genoeg water is. |
|
Sosiale gedrag: |
Kuddes van 4-6. |
|
Aktief: |
Bedags en snags. Blouwildebeeste rus die helfte van die dag en wei en herkou die res van die tyd. |
|
Kalwers: |
Een kalf word ná ±250 dae gebore en ná 7-9 maande gespeen. |

Kampe:
Satara
Orpen/Tamboti/Maroela
Lower Sabie
Paaie:
H7-teerpad
H6-teerpad
S106-grondpad
S37-grondpad
Wenwenke:
Kyk in oop veld of die vlaktes net oos van Orpen by die H7 se westelike punt.
Kyk na Wildebees foto's
As jy registreer kan jy:







