• Soogdiere |
  • Skaars boksoorte |
  • Basterhartbees

 

 

Basterhartbees

(Damaliscus Lunatus)


lion

Die basterhartbees is die vinnigste boksoort en kan tot 90 km/h hardloop. Hulle is baie habitatspesifiek en word op twee plekke in die Krugerwildtuin aangetref: in die suide rondom Pretoriuskop en in die noorde tussen Letaba en Shingwedzi.

Skouerhoogte:

±120 cm/47,2 duim

Gewig:

126-140 kg/278-309 pond

Kenmerke:

Groot met ’n rooibruin pels, ’n smal gesig en smal skouers.

Kos:

Gras.

Habitat:

Oop savannes met lang gras en water.

Sosiale gedrag:

Klein troppe van 5-6 of meer.

Aktief:

Vroegoggend en laatmiddag.


 


Terug na die soogdierblad

 
Kyk hier uit vir basterhartbeeste:

Kampe:
Mopani

Shingwedzi

Pretoriuskop

Drive these roads:
S143-grondpad

S50-grondpad (suid
)
H15-grondpad

Enige pad rondom Pretoriuskop

Wenwenke:

Kyk in oop gebiede met lang gras.

Soek naby sebras en wildebeeste, want hulle word soms saam gesien.

As jy een van dié bokke sien, teken dit by ontvangs aan in die boek vir skaars boksoorte.



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

  • Jou reisstories en -wenke deel.
  • Jou foto's oplaai.
  • Met ander Weg-gers aanlyn gesels.
  • Raad vra.
  • Al jou webgunstelinge stoor.
  • Deel raak van die Weg! -toetspaneel.