(Hippotragus Equinus)

Bastergemsbokke is bitterskaars in die wildtuin en kom meestal in ’n baie klein gebied in die noorde voor. Hulle lyk soos die gemsbokke wat in droër dele van Afrika voorkom, maar het krom horings. Lang gras word vir skuiling gebruik en hulle verkies oop grasvelde.
|
Skouerhoogte: |
±140 cm/55 duim |
|
Gewig: |
±270 kg/600 pond |
|
Kenmerke: |
Wit vlekke om die oë en snoet. Lyk soos die swartwitpens, maar is kleiner. |
|
Kos: |
Medium tot lang gras. |
|
Habitat: |
Oop grasvelde met lang gras en water. |
|
Sosiale gedrag: |
Klein troppe van 5-12, gelei deur ’n volwasse bul. |
|
Aktief: |
Meestal bedags. |
Kampe:
Shingwedzi
Mopani
Drive these roads:
H1-7-teerpad
S143-grondpad
S50-grondpad(suid)
S61-grondpad
Wenwenke:
Die beste plek is die H1-7-teerpad net noord en suid van die Babalala-piekniekterrein.
Kyk ook langs die S143, veral by die Thihongonyeni-watergat.
Probeer die Klopperfontein-gebied noordoos van Punda Maria.
As jy een van dié bokke sien, teken dit by ontvangs aan in die boek vir skaars boksoorte.
As jy registreer kan jy:







