
Buiten krokodille, likkewane, slange, koggelmanders, verkleurmannetjies, skilpaaie en varswaterskilpaaie is daar ook ander akkedisse, skinke en gekko’s in die wildtuin.
Akkedisse en skinke word dikwels op klippe aangetref waar hulle die son opsoek. Gekko’s word naby ligte in geboue in die ruskampe of piekniekterreine gesien waar hulle die insekte vang wat na die ligte gelok word.
Kampe:
Mopani
Berg-en-Dal
Pretoriuskop
Tsendze
Wenwenke:
Soek akkedisse by die swembaddens in Pretoriuskop en Berg-en-Dal.
Kyk op die klippe in die Mopani-ruskamp.
Kyk snags vir gekko’s by die ligte in al die kampe.
Kyk na reptielfoto’s
As jy registreer kan jy:







