Die beste 10 voëlkykplekke buite kampe


s135

Die Krugerwildtuin is ’n voëlkykparadys met meer as 500 spesies. Die geveerdes is volop buite die kampe – by paaie, brûe of piekniekterreine.

Die tyd van die dag vir voëlkyk hang af van die spesie wat jy wil sien. Klein voëltjies kwetter vroegoggend en laatmiddag, terwyl groter voëls soos aasvoëls eers in die middel van die oggend, as die lug warm raak, begin rondvlieg. Watervoëls is dikwels heeldag by die watergate, natuurlike panne en damme bedrywig. 

 
Die beste 10 voëlkykplekke
Plek
Ligging

S135-brug (wanneer die rivier water het)

Net buite Shingwedzi.

Lake Panic-voëlskuiling

Noordwes van Skukuza langs die S42.

Sunset-dam

Net buite Onder-Sabie langs die H4-1.

Pafuri-piekniekterrein

Noordoos van Punda Maria langs die S63.

H4-1-Sabierivierpad

Tussen Skukuza en Onder-Sabie.

H10-brug oor die Sabierivier

Net oos van Onder-Sabie.

Tsendze-rivieroorgang by Shipandani (S142)

Net buite Mopani langs die S142.

S50-grondpad-suid

Oos van Mopani verby die Nshawu-watergate.

S10-grondomrit

Noord van Pretoriuskop rondom die Shabeni-koppie.

Biyamiti-keerwal langs die S114

Waar die S114by die S23aansluit.

 


Terug na Kruger op sy beste



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

  • Jou reisstories en -wenke deel.
  • Jou foto's oplaai.
  • Met ander Weg-gers aanlyn gesels.
  • Raad vra.
  • Al jou webgunstelinge stoor.
  • Deel raak van die Weg! -toetspaneel.