Die beste 5 paaie vir luiperds


s110 gravel

Luiperds is baie skaam en word nie sommer in die wildtuin gesien nie. Hulle verkies digte plantegroei of klipperige terrein en word gewoonlik vroegoggend of ná sononder gesien. Hoewel luiperds baie in bome gesien word waar hulle vreet en rus, patrolleer hulle ook die paaie, rivierbeddings en strome. Hulle rus soms in die ruigtes langs die pad.

Ry vroegoggend of laatmiddag baie stadig met een van die vyf paaie hieronder. Kyk in groot bome en in die ruigtes uit vir kolle, ongewone vorms of patrone. Luister ook vir noodroepe van rooibokke, blouape, bobbejane, boomeekhorings en voëls, want hierdie diere maak ’n lawaai as hulle ’n luiperd gewaar. 

 
Die beste 5 paaie vir luiperds
Pad
Ligging

S110-Matjulu-omrit

Langs Berg-en-Dal.

H4-1-Sabierivierpad

Tussen Skukuza en Laer-Sabie.

S1-Doispanepad

Tussen die Phabenihek en Skukuza.

S39-Timbavatirivierpad (suid en noord)

Noordwes van Satara.

S52-Red Rocks-omrit

Suidwes van Shingwedzi.

 


Terug na Kruger op sy beste



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

  • Jou reisstories en -wenke deel.
  • Jou foto's oplaai.
  • Met ander Weg-gers aanlyn gesels.
  • Raad vra.
  • Al jou webgunstelinge stoor.
  • Deel raak van die Weg! -toetspaneel.