
Water is die spil waarom die wildtuin se dierelewe draai. Natuurlike poele vorm ná reën en kan vir maande hou. Vir die mensgemaakte watergate word water uit boorgate gepomp met sonkragpanele of windpompe.
Watergate lok nie net in die droë wintermaande diere nie, maar ook in die somer. By die Tihongonyeni-watergat (bo) naby Mopani kan jy byvoorbeeld sebras, kameelperde, olifante, blouwildebeeste, vlakvarke, rooijakkalse, volstruise, rooibokke, basterhartbeeste en elande in die somer sien. In die winter is daar nog meer diere by die watergate en dis die moeite werd om eerder by watergate te wag as om heeldag rond te ry.
Watergat |
Ligging |
|
Girivana-watergat |
Waar die S12 by die S40aansluit. |
|
Langs die S110-Matjulu-omrit. |
|
|
Tihongonyeni-watergat |
Langs die S143-Steenbokskeerkringomrit. |
|
Kwaggaspan-watergat |
Langs die H3-teerpad. |
|
Klopperfontein |
Langs die S61naby Punda Maria. |
As jy registreer kan jy:







