
Daar is ’n hele paar skuilings in die Krugerwildtuin. Dié houtstrukture waaruit ’n mens die wild en voëls kan dophou, is gewoonlik by ’n dam of ’n watergat. Die kleiner skuilings het plek vir net 6-8 mense op ’n slag en die grotes kan maklik 15 of meer inpas. Party skuilings het toilette, maar die meeste het nie.
’n Mens kan by die Sable - (Phalaborwahek) en Shipandani -skuiling (naby Mopani) oorslaap as jy vooraf bespreek.
Die geheim is om tjoepstil te bly, anders skrik jy die wild en voëls af. Neem ’n goeie verkyker, verversings en ’n onlangse veldgids saam.
Skuiling |
Ligging |
|
Lake Panic-voëlskuiling |
Noordwes van Skukuza langs die S42. |
|
Oos van Phalaborwahek langs die S51. |
|
|
Naby Mopani langs die S142. |
|
|
Nyawutsi-skuiling |
Suid van Shingwedzi langs die S50. |
|
Ratelpanskuiling |
Noord van die Timbavati-piekniekterrein langs die S39-noord. |
As jy registreer kan jy:







