Die beste 4 safaritente


tamboti

Dis heerlik om in ’n safaritent te bly – die atmosfeer is gesellig en dis baie bekostigbaar. Sommige tente is redelik luuks en elkeen het ’n buitenshuise kombuis en selfs ’n badkamer, maar die meeste is eenvoudig met net beddens, kaste, ’n yskas en waaier. Die eenvoudiger tente se besoekers deel die gemeenskaplike kombuisies en ablusieblokke. Nie al die ruskampe het safaritente nie.

Hier is die 4 beste safaritente

Kamp
Beskrywing

Tamboti (alle safaritente)

Baie privaat en stil met ’n mooi uitsig oor die Timbavatirivier.

Onder-Sabie (luukse tente)

’n Uitsig oor die Sabierivier en baie gerieflik.

Punda Maria (luukse tente)

Baie luuks en teen die kant van ’n heuwel.

Letaba (luukse tente)

Reg langs die swembad en baie koel en skaduryk.

 


Terug na Kruger op sy beste



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

  • Jou reisstories en -wenke deel.
  • Jou foto's oplaai.
  • Met ander Weg-gers aanlyn gesels.
  • Raad vra.
  • Al jou webgunstelinge stoor.
  • Deel raak van die Weg! -toetspaneel.