Die beste 5 rivieruitsigte in ruskampe


skukuza

Baie ruskampe het ’n mooi uitsig, maar net ’n paar kyk oor ’n rivier uit. Die 5 ruskampe hieronder het nie baie digte plantegroei nie en daar is bankies waarop jy kan sit terwyl jy die rivierwalle vir krokodille, seekoeie en olifante fynkam. Van dié ruskampe is hoog bo die riviere geleë sodat jy na die water afkyk, terwyl jy by ander op ooghoogte met krokodille en ander waterdiere kan kennis maak.

 
Die 5 beste rivieruitsigte
Kamp
Beskrywing

Letaba

’n Groot rivier nie ver onder die kamp nie met baie wild, rivierwandelpaaie en bankies.

Olifants

’n Reuse-rivier wat jy van baie hoog af kan bekyk, met ’n grasdakruimte met bankies.

Onder-Sabie

’n Kafeteria en restaurant met ’n groot houtdek reg op die rivier.

Skukuza

’n Kafeteria, restaurant en wandelpaaie met bankies by die rivier.

Tamboti

Safaritente wat oor ’n klein sanderige rivierbedding uitkyk.

 


Terug na die Kruger op sy beste



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

  • Jou reisstories en -wenke deel.
  • Jou foto's oplaai.
  • Met ander Weg-gers aanlyn gesels.
  • Raad vra.
  • Al jou webgunstelinge stoor.
  • Deel raak van die Weg! -toetspaneel.