Die beste 5 piekniekterreine


afsaal

By die piekniekterreine kan jy uit jou voertuig klim, ’n bietjie bene rek, badkamer toe gaan en iets eet. Almal het tafels, stoele, asblikke en toilette. Hulle verhuur ook gasbottels en -skottels vir kosmaak en het kombuisies waar jy kan skottelgoed was. Selfs die kleiner piekniekterreine verkoop water en koeldrank.

Van die groter piekniekterreine het klein geskenkwinkels en kafeterias met van pannekoek tot burgers. Baie voëls, blouape en bobbejane kuier ook dikwels hier. Hou hulle maar dop; hulle steel dalk net jou kos onder jou neus uit.

 
Die beste 5 piekniekterreine
Piekniekterrein
Ligging

Pafuri

Noordoos van Punda Maria langs die S63.

Afsaal

Tussen Berg-en-Dal en Skukuza langs die H3.

Mlondozi

Noord van Laer-Sabie langs die S29.

Makhadzi

Naby die Giriyondo-grenspos langs die H15.

N'wanetsi

Oos van Satara langs die H6.

 


Terug na Kruger op sy beste



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

  • Jou reisstories en -wenke deel.
  • Jou foto's oplaai.
  • Met ander Weg-gers aanlyn gesels.
  • Raad vra.
  • Al jou webgunstelinge stoor.
  • Deel raak van die Weg! -toetspaneel.