Die beste 10 paaie vir skaars boksoorte


s143

Skaars boksoorte soos die swartwitpens, bastergemsbok, basterhartbees, eland, njala en die tropiese grysbok word so geklassifiseer omdat daar so min van hulle in die wildtuin voorkom.

Sommige, soos die klein soenie, is baie skugter en kom net in sekere habitatte voor. Omdat hierdie habitatte net klein lappies grond beslaan, kan dit net ’n klein aantal bokke dra.

Party ruskampe, soos Pretoriuskop  en Shingwedzi , het boeke by ontvangs waar mense dit kan aanteken as hulle ’n skaars boksoort gesien het of kan naslaan waar ander besoekers onlangs hierdie boksoorte raakgeloop het.

 
Die beste 10 paaie vir skaars boksoorte
Pad
Boksoort

S143-Steenbokskeerkringomrit

Basterhartbees, bastergemsbok en eland.

H1-7-teerpad

Bastergemsbok en eland.

S99-Mahonie-omrit

Njala, tropiese grysbok en soms die soenie.

S50-grondpad-suid

Basterhartbees.

S36-grondpad-suid

Swartwitpens.

S56-Mphongolo-omrit

Tropiese grysbok

S14-Fayi-omrit

Swartwitpens en basterhartbees.

H15-grondpad

Basterhartbees.

S64-Njala-omrit

Njala.

S63-Luvuvhu-rivierpad

Njala, tropiese grysbok en soms die soenie.

 


Terug na Kruger op sy beste



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

  • Jou reisstories en -wenke deel.
  • Jou foto's oplaai.
  • Met ander Weg-gers aanlyn gesels.
  • Raad vra.
  • Al jou webgunstelinge stoor.
  • Deel raak van die Weg! -toetspaneel.