
Die buffelgetalle wissel van jaar tot jaar, maar gewoonlik is daar omtrent 26 000 van hierdie reuse-beeste in die Krugerwildtuin. Hulle loop in enorme kuddes van meer as duisend, of een-een in die geval van ou bulle wat uit die trop gesit is. Dié massavreters wat lang gras in oop gebiede verkies, kom oral in die wildtuin voor, maar onthou, hulle is lief vir rivierbeddings en drink dikwels by riviere, rus in waterpoele of neem ’n modderbad.
Pad |
Ligging |
|
Tussen die Phalaborwahek en Letaba. |
|
|
Tussen Krokodilbrug en Onder-Sabie. |
|
|
Tussen Satara en N'wanetsi. |
|
|
Suidwes van Shingwedzi. |
|
|
Tussen Skukuza en Onder-Sabie. |
As jy registreer kan jy:







