Die beste 5 kampeerterreine


satara

Kampeer is die goedkoopste manier om die Krugerwildtuin te verken. Die meeste ruskampe het kampeerterreine waar besoekers kan tent opslaan, of hulle woonwa of motorwoonwa kan parkeer.

Daar is gemeenskaplike kombuise en ablusieblokke en sommige het ’n selfhelp-wasgoedkamer. Nie al die kampeerterreine het elektrisiteit nie, maar die meeste staanplekke is redelik gelyk met skaduwee.

 
Die beste 5 kampeerterreine
Kamp
Beskrywing

Berg-en-Dal

Groot staanplekke, baie skaduwee en reg langs die heining.

Satara

Wildkyk vanaf die heining en baie voëls.

Tsendze

Stil, privaat, geen elektrisiteit nie, buitelugstorte en baie voëls.

Shingwedzi

Groot, baie gelyk en genoeg skaduwee. Voëls is volop.

Letaba

Baie skadu en voëls, en ’n klein baksteenblad by elke staanplek.

 


Terug na Kruger op sy beste



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

  • Jou reisstories en -wenke deel.
  • Jou foto's oplaai.
  • Met ander Weg-gers aanlyn gesels.
  • Raad vra.
  • Al jou webgunstelinge stoor.
  • Deel raak van die Weg! -toetspaneel.