Die beste 5 kafeterias en restaurante


letaba

Ongelukkig is die gehalte van kos in die Krugerwildtuin nooit konstant nie, wat dit moeilik maak om die beste kafeterias en restaurante aan te wys. Ons kan wel die atmosfeer en ligging van die kafeterias en restaurante beoordeel. Is daar ‘n uitsig? Is dit ruim? Is daar voëls? Soveel dinge speel ‘n rol wanneer jy die ideale eetplek kies.

Die meeste kampe het kafeterias en restaurante in geboue reg langs mekaar. Op grond van die ligging, uitsig en atmosfeer word die volgende vyf eetplekke uitgesonder (die diens of die kos se gehalte het nie ’n rol gespeel nie).

 
Die beste 5 kafeterias en restaurante
Kamp
Beskrywing

Onder-Sabie

’n Reuse-houtdek met ‘n uitsig oor die Sabierivier. Goeie ontwerp.

Mopani

’n Sitkamer, ’n kroeg met ’n TV, asook ’n uitsig op die Pionierdam.

Skukuza

Reg langs die Sabierivier en het ’n klein houtdek en baie vlermuise.

Letaba

’n Mooi uitsig oor die Letabarivier.

Pretoriuskop

Die restaurant het ’n interessante ontwerp en ’n sitkamer.

 


Terug na Kruger op sy beste



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

  • Jou reisstories en -wenke deel.
  • Jou foto's oplaai.
  • Met ander Weg-gers aanlyn gesels.
  • Raad vra.
  • Al jou webgunstelinge stoor.
  • Deel raak van die Weg! -toetspaneel.