Die beste 5 hoofruskampe


lower   sabie

Daar is 17 hoofruskampe in die Krugerwildtuin – van die klein, eenvoudige Tsendze (net vir kampeerders) tot die yslike Skukuza met twee restaurante en ’n gholfbaan. Elke kamp bied iets unieks. Hierdie gids sal jou help om die regte ruskamp vir jou te kies – kampe wat aan jou verwagtinge sal voldoen.

Onder is vyf gunstelingkampe. As jy meer oor ’n spesifieke ruskamp wil weet, klik net op die naam. Die skakel sal jou dan na ’n dinamiese kampkaart neem met foto’s van die kamp en wild in die gebied. 

 
Die beste 5 hoofruskampe
Kamp
Beskrywing

Onder-Sabie

Die beste geriewe en wildkykgeleenthede.

Tamboti

Baie klein, privaat en stil (hier is slegs safaritente).

Berg-en-Dal

’n Uitstekende kampeerterrein, swembad en staproete in die ruskamp.

Satara

Die beste kampeerterrein teen die heining, met baie voëls.

Tsendze

Baie klein, eenvoudig en slegs vir kampeerders (jy kan onder die sterre stort).

 
 

Terug na Kruger op sy beste

  



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

  • Jou reisstories en -wenke deel.
  • Jou foto's oplaai.
  • Met ander Weg-gers aanlyn gesels.
  • Raad vra.
  • Al jou webgunstelinge stoor.
  • Deel raak van die Weg! -toetspaneel.