Previous Next

Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Macaroni-en-kaas


Sit hierdie watertandgesinsete voor met ’n bak groenslaai en ’n lekker brood. Die hele gesin sal gelukkig wees.
zoommore

Sit hierdie watertandgesinsete voor met ’n bak groenslaai en ’n lekker brood. Die hele gesin sal gelukkig wees.

Macaroni-en-kaas is in baie huise 'n gunsteling. Hierdie weergawe kry spinasie en spek.
Dit werk goed as jy met vakansie is, want dis vullend, voedsaam en geurig.

Jy benodig (vir 6 mense)
• 1 eetlepel botter
• 1 middelslag-ui, gekap
• 125 g strepiespek, fyngekap
• 800 g vars spinasie, stingels uitgesny en fyngesnipper

Vir die witsous
• ongeveer 5 eetlepels botter
• 4 eetlepels koekmeel
• 2 koppies melk
• ½ koppie room
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 2 koppies cheddarkaas, grofgerasper
• 300 g rou macaroni
• 2-3 eetlepels droë broodkrummels (Pick ’n Pay verkoop dit in bakkies, of droog jou eie
teen 100 ºC)

Só maak jy
1 Pan toe. Smelt die botter in ’n kastrol en braai die ui totdat dit sag en glansend is. Gooi die spek by en braai dit tot bros. Voeg die spinasie by en roerbraai dit totdat dit verlep en sag is. skep die mengsel onderin ’n gesmeerde oondskottel van 25 x 15 x 5 cm.
2 Nou vir die witsous. Smelt die botter in ’n kastrol en roer die meel by totdat alles gemeng is.
Draai die plaat laer en roer die melk en room by – gebruik ’n draadklitser om te keer dat klonte vorm. Die sous is reg wanneer dit begin kook (7-10 minute, afhangende van die hitte). Haal die sous van die plaat af en geur dit met sout en swartpeper. Roer dan die helfte van die kaas by.
3 Kry die elmbogies. Gooi die macaroni in ’n kastrol vol kokende soutwater. Roer dit dan goed deur
en kook die macaroni vir 10-12 minute sonder ’n deksel. Dreineer dit in ’n vergiettes.
4 Lagie vir lagie. Skep die pasta bo-oor die spek-en-spinasiemengsel in die oondskottel. Gooi nou die witsous eweredig oor en sprinkel die res van die kaas oor. sprinkel laastens die broodkrummels oor.
5 Kry ’n ‘tan’. Sit die skottel in ’n oond van 180 °C en bak dit vir sowat 30-45 minute.

Terug kos toe | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Soek - Watertandrespete

Kuber Kos Van Blommestein se wildswors

Wildspastei

Kooktoerusting

Dit kan op enige soort braai gebruik word.

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek