Roosterkoek
Deeg: Jy benodig (vir 2 brode)
• 1 kg (7 koppies) witbroodmeel (of gebruik helfte Nutty Wheat en helfte witbroodmeel)
• 2 teelepels suiker
• 1 teelepel sout
• 1 pakkie (10 g) kitsgis
• 1 eetlepel olie
• sowat 2 koppies louwarm water
Só maak jy
1 Almal tesame. Meng die droë bestanddele en gooi genoeg louwarm water by om ’n hanteerbare
deeg te vorm.
2 Spiertier. Knie die deeg tot glad.
3 Op die plek rus. Sit die deeg in ’n gesmeerde bak en bedek dit met kleefplastiek. Laat staan dit
vir 15 minute op ’n warm plek totdat die deeg in volume verdubbel het. Dis nou reg vir gebruik.
Roosterkoek
1 Deegbolletjies. Maak die basiese brooddeeg en laat dit rys tot dubbel die volume. Knie die deeg af en rol dit in bolletjies (of worsies, indien jy langwerpiges verkies). Druk dit effens plat en sprinkel ’n bietjie meel oor elkeen.
2 Wag ’n bietjie. Laat dit rys tot dubbel die volume en rooster dit stadig oor matige kole tot gaar
en goudbruin. Afhangende van die grootte van die roosterkoeke sal jy so tussen 15 en 20 kan bak.
Weg sê: Dit is belangrik dat jy die roosterkoek oor stadige kole braai, anders brand dit aan die buitekant voordat dit aan die binnekant gaar is. Die roosterkoek is reg as dit lig voel in jou hand.



















Kommentaar