Suurlemoen-meringues
Maak dié maklike meringues by die huis en hou dit in die koelboks koud totdat jy dit wil voorsit.
Jy benodig
• 4 suurlemoene
• 1 blikkie kondensmelk
Só maak jy
1. Laat die sap spat. Sny die suurlemoene middeldeur, druk die sap uit en maak die skildoppe mooi skoon deur die laaste bietjie vleis uit te krap.
2. Plat op die aarde. Sny ’n stukkie aan die onderkant van elke suurlemoenhalwe af sodat dit plat en gelyk staan.
3. Jou ou klits. Klits die kondensmelk en suurlemoensap saam (gooi nog suurlemoensap by as jy jou kieue aktief wil hou) en skep die mengsel in die skildoppe.
4. Vries en geniet. Vries die gevulde suurlemoenhalwes en haal dit omtrent 10 minute voor jy dit wil voorsit, weer uit die yskas. As daar dalk ’n paar oorbly, kan jy dit net weer vries.



















Kommentaar