Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Sjokolade-splinterkoekies


Steek die blik weg as jy wil hê dit moet langer as "n dag hou!
zoommore

Steek die blik weg as jy wil hê dit moet langer as 'n dag hou!

Jy kan los koekies maak óf dit in ’n vierkantige pan bak en in blokkies sny wanneer dit uit die oond kom.

Jy benodig
• 1 koppie sagte botter of margarien
• 1 koppie witsuiker
• ½ koppie klam bruinsuiker (melasse)
• 2 eiers
• 1 teelepel vanieljegeursel
• 2¼ koppies ongesifte koekmeel
• ½ teelepel sout
• 1 teelepel bakpoeier
• 1 plak (200 g) donker- of melksjokolade, in stukkies gesny


Só maak jy
1 Mmmm, romerig. Klop die botter, witsuiker, bruinsuiker, eiers en vaniel­je­geursel totdat die mengsel lekker romerig is.
2 En in die ander bak… Meng die meel, sout en bakpoeier.
3 Daar roer iets. Meng die meel met die roommengsel. Roer die sjokoladestukkies by.
4 Skep en drup. Skep teelepels vol van die mengsel op ongesmeerde velle bakpapier of gooi die mengsel in ’n vierkantige gesmeerde koekpan as jy blokkies wil maak.
5 Maak solank die koffie. Bak die koekies teen 180 °C. Die los koekies sal 8-10 minute neem, terwyl die blokkies vir 15-20 minute gebak moet word.

Weg sê: Steek die bak diep weg en deel die koekies een-een uit as jy wil hê dit moet langer as ’n dag hou!

Terug kos toe | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Soek - Watertandrespete

Kooktoerusting

Moenie dat koue koffie jou die moer in maak nie.

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek