Previous Next

Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Brownies


Raak spoggerig en sif "n bietjie versiersuiker oor voordat jy dit voorsit.
zoommore

Raak spoggerig en sif 'n bietjie versiersuiker oor voordat jy dit voorsit.

Beth Allen sê: Ons hele familie vrek hieroor: My ma het dit altyd vir skoolpartytjies gemaak (almal in die klas was jaloers op my!) en deesdae maak ons dogters dit ook gereeld.
Ons deel graag die resep, want die meeste mense raak dadelik verslaaf hieraan.
Eerlikwaar: Ons gaan nooit na ’n natuurreservaat sonder ’n Tupperware-bak vol brownies nie.


Jy benodig
• 1 koppie botter of margarien
• 1 koppie witsuiker
• 1 koppie klam bruinsuiker (melasse)
•  6 opgehoopte  eetlepels kakao
• 1 teelepel sout
• 1 teelepel vanieljegeursel
• 4 eiers
• 1 koppie koekmeel
• versiersuiker om  bo-oor te sif

Só maak jy
1 Smeltkroes.
Smelt die botter in ’n pot op die stoof en haal dit van die plaat af.
2 Warm, maar darem. Gooi al die ander bestanddele by en meng dit tot glad.
3 Pan toe met jou. Skep die beslag in ’n vierkantige koekpan wat goed gesmeer en met meel bestrooi is.
4 So hittete. Bak die brownies vir 15-20 minute teen 180 °C.
5 Koel af. Haal die pan uit die oond, laat dit afkoel en sny dit dan in blokkies.

Weg sê: Raak spoggerig en sif ’n bietjie versiersuiker oor voordat jy dit voorsit.

Terug kos toe | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Soek - Watertandrespete

Kuber Kos Van Blommestein se wildswors

Wildspastei

Kooktoerusting

Dit kan op enige soort braai gebruik word.

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek