Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Potbrood


Jy kan dit in "n oond of op die kole bak.
zoommore

Jy kan dit in 'n oond of op die kole bak.

Deeg: Jy benodig (vir 2 brode)
• 1 kg (7 koppies) witbroodmeel (of gebruik helfte Nutty Wheat en helfte witbroodmeel)
• 2 teelepels suiker
• 1 teelepel sout
• 1 pakkie (10 g) kitsgis
• 1 eetlepel olie
• sowat 2 koppies louwarm water

Só maak jy
1 Almal tesame.
Meng die droë bestanddele en gooi genoeg louwarm water by om ’n hanteerbare
deeg te vorm.
2 Spiertier. Knie die deeg tot glad.
3 Op die plek rus. Sit die deeg in ’n gesmeerde bak en bedek dit met kleefplastiek. Laat staan dit
vir 15 minute op ’n warm plek totdat die deeg in volume verdubbel het. Dis nou reg vir gebruik.

Potbrood
1 Kry jou pot reg. Smeer ’n platboom-gietysterpot (en sy deksel) goed met botter.
2 Maak plat. Knie die deeg af nadat dit die eerste keer gerys het en vorm dit sodat dit in die pot
pas. Sit die deksel op en laat staan dit sodat dit weer rys tot dubbel die volume.
3 Rus weer. Laat staan dit vir 10-20minute op ’n warm plek.
4 Maak warm. Sit die pot op ’n driepoot oor matige kole en pak ’n paar kooltjies op die deksel. Bak dit vir 35-50 minute tot goudbruin en gaar. Jy kan dit ook in ’n oond van 180°C bak, maar dan hoef jy nie die deksel op te sit nie.

Weg sê: Grawe ’n gat in die grond en skep kole onderin. Sit die pot daarin en pak dan ook ’n paar
kooltjies op die deksel.

Terug kos toe | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Soek - Watertandrespete

Kooktoerusting

Moenie dat koue koffie jou die moer in maak nie.

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek