Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Liplek-lekker Hoender


Dié hoender is heerlik saam met tjips of couscous met geroosterde botterskorsieblokkies en gekrummelde fetakaas. Makliker kry "n mens skaars.
zoommore

Dié hoender is heerlik saam met tjips of couscous met geroosterde botterskorsieblokkies en gekrummelde fetakaas. Makliker kry 'n mens skaars.

Dié hoender is heerlik saam met tjips of couscous met geroosterde botterskorsieblokkies en gekrummelde fetakaas. Makliker kry ’n mens skaars. Maak dié resep wanneer jy in ’n selfsorghuisie oorbly. 

Jy benodig (vir 8-10 mense)
• 6 hoenderdytjies
• 6 hoenderboudjies
• sout en varsgemaalde swartpeper

Vir die sous
• 2 teelepels botter
• 1 ui, fyngekap
• 3 vet knoffelhuisies, fyngekap
• 1 koppie ongegeurde jogurt
• 1 koppie mayonnaise
• ¼ koppie sagte bruinsuiker
• ¹⁄₃ koppie tamatiesous
• 2 teelepels worcestersous

Só maak jy
1 Kry die Defy op dreef.
Sit die oond aan op 180 °C.
2 Dye en boude waar jy kyk. Pak die hoenderstukke in ’n oondskottel en geur dit oraloor met sout en swartpeper.
3 Brou die sous. Smelt die botter in ’n kastrol en braai die ui daarin totdat dit sag is. Gooi die knoffel by en braai dit dan vir nog ’n minuut of twee. Verwyder dit van die hitte.
4 ’n Koor van geure… Meng die jogurt, mayonnaise, bruinsuiker, tamatiesous en worcestersous en gooi dit dan by die gebraaide ui. Giet die sous oor al die hoenderstukke.
5 Warmplek toe met julle. Maak die oondskottel met foelie toe en bak dit vir sowat 1 uur totdat die hoender gaar en sag is.

Weg sê: Moenie die jogurt direk by die gebraaide uie in die kastrol gooi nie, want die hitte sal dit laat skif.  As jy nie nog ’n bak wil vuilmaak nie, wag totdat die uie in die kastrol afgekoel het voordat jy die sousbestanddele bymeng.

Terug kos toe | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Soek - Watertandrespete

Kooktoerusting

Moenie dat koue koffie jou die moer in maak nie.

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek