Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Blik-bierbrood


As jy die blikkies met botter of olie smeer en die bodems met "n stukkie gesmeerde botterpapier uitvoer, sal jy die broodjie makliker kan uitkeer as dit klaar gebak is.
zoommore

As jy die blikkies met botter of olie smeer en die bodems met 'n stukkie gesmeerde botterpapier uitvoer, sal jy die broodjie makliker kan uitkeer as dit klaar gebak is.

Hierdie is een van die maklikste broodresepte wat jy kan kry.

Jy benodig (genoeg vir 4 blikkies, elke blikkie 410g)

• 500g (1 pakkie) bruismeel
• 1 teelepel sout
• 2 teelepels suiker
• ½ koppie gekapte pietersielie (of gemengde kruie)
• sondroogtamaties, fyngekap
• blokkies mozzarellakaas
• 1 blikkie (340 ml) bier

Só maak jy
1 Blink gesmeer.
Smeer die leë blikkies met botter of olie en voer die bodems uit met ’n stukkie gesmeerde botterpapier. Dit help om die broodjie makliker uit te keer wanneer dit klaar gebak is.
2 Meng dit alles mooi deur. Gooi die droë bestanddele in ’n bak en voeg die kruie, sondroogtamaties en mozzarellakaasblokkies by. Gooi die bier by en roer die mengsel goed deur – dit sal ’n bietjie taai wees. (As die mengsel te styf is, kan jy ook ’n bietjie water byvoeg).
3 Deel mooi. Verdeel die deeg en vul die blikkies sowat driekwart daarmee. Bak dit nou in ’n oond van 180ºC vir sowat 30 minute of tot uitgerys en gaar. Oor die kole moet ’n mens maar toets hoe lank die broodjies gaan bak, want die hitte van die kole sal bepaal hoe lank dit duur om gaar te word.

Weg sê:
Vervang die kruie, tamaties en mozzarellakaas met ’n halwe koppie gerasperde cheddarkaas of fyn biltong.

Terug kos toe | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Soek - Watertandrespete

Kooktoerusting

Moenie dat koue koffie jou die moer in maak nie.

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek