Previous Next

Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Basiese broodresep


Min dinge is so lekker soos "n sny vars, warm brood met botter wat daarin wegsmelt.
zoommore

Min dinge is so lekker soos 'n sny vars, warm brood met botter wat daarin wegsmelt.

Met hierdie veelsydige, basiese broodresep kan jy gewone brood, potbrood, roosterkoek, vetkoek en selfs askoek bak.

Jy benodig (vir 2 brode)
• 1 kg (7 koppies) witbroodmeel (of gebruik helfte Nutty Wheat en helfte witbroodmeel)
• 2 teelepels suiker
• 1 teelepel sout
• 1 pakkie (10 g) kitsgis
• 1 eetlepel olie
• sowat 2 koppies louwarm water

Só maak jy
1 Almal tesame.
Meng die droë bestanddele en gooi genoeg louwarm water by om ’n hanteerbare
deeg te vorm.
2 Spiertier. Knie die deeg tot glad.
3 Op die plek rus. Sit die deeg in ’n gesmeerde bak en bedek dit met kleefplastiek. Laat staan dit
vir 15 minute op ’n warm plek totdat die deeg in volume verdubbel het. Dis nou reg vir gebruik.

Terug kos toe | Terug na bo


Kommentaar

Gelewer op 22 Mei 2010 | 10:06:31

gelukkig wag ons nie vir kamp om die resepte te probeur nie. Sommer in die braaiakmer wanneer dit reen in die Kaap. :)

Gelewer op 17 Mei 2010 | 16:12:49

Hierdie broodresep is lekker, maar 'n goeie Plan B is goeie ou Spar, waar jy altyd deeg kan kry. 'n Ander alternatief tot broodpanne is om die deeg in konfytblikke te bak. Die ou ronde snytjies lyk tog te pikant! Ons is karavaners en ek ry een van daardie ronde glasoondjies saam. Ons was nou vir 'n maand op Scottburgh en dit is opvallend hoeveel mense die oondjies nou gebruik. Hulle is deesdae by plekke soos Game baie bekostigbaar, so om en by die R600. Dit is een van die "gadgets" waarsonder EK nie kamp nie.

Gelewer op 5 Mei 2010 | 16:57:31

Het Sonja 'n resep vir brood wat net rogmeel bevat asb?

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Soek - Watertandrespete

Kuber Kos Van Blommestein se wildswors

Wildspastei

Kooktoerusting

Dit kan op enige soort braai gebruik word.

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek