Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Eenvoudige beespot


Die vleis, wyn, afterksel en tamatie moet vir vier uur afkook totdat jy "n donker en ryk gekonsentreerde sous het.
zoommore

Die vleis, wyn, afterksel en tamatie moet vir vier uur afkook totdat jy 'n donker en ryk gekonsentreerde sous het.

Die eenvoudige beespotjie is gegrond op ’n resep van die gravin Guy de Toulouse-Lautrec in Good French Cooking. Hier is veral die laaste beginsel belangrik: Die vleis, wyn, aftreksel en tamatie moet vir vier uur afkook totdat jy ’n donker en ryk, gekonsentreerde sous het.

Jy benodig

• 2-3 eetlepels botter (olyfolie is ook goed)
• 1,5 kg beesdikrib, in blokkies gesny
• 4-5 lekker groot wortels, in wieletjies gekap
• ½ koppie droë witwyn (lekker genoeg om te drink!)
• ½ koppie hoenderaftreksel (tuisgemaak is die lekkerste, maar ons gaan nie nou van jou verwag om dit te maak nie; ’n blokkie is ook goed)
• 3 knoffelhuisies, gekap
• 3 eetlepels tamatiepasta
• ’n bouquet garni (vars kruie wat jy in ’n bondeltjie bind; probeer ’n vars lourierblaar, tiemie en pietersielie)
• sout en peper

Só maak jy

1 Maak vuur onder hom. Maak solank jou pot lekker warm deur hom vir omtrent 15 minute bo ’n ordentlike grafie gloeiende kole te sit.
2 Tyd vir skroei. Gooi die botter in en braai die vleis daarin totdat dit oraloor mooi bruin is. Gooi die wortels by, braai dit vir twee minute en voeg dan die wyn, aftreksel, knoffel, tamatiepasta, kruie en sout en peper by.
3 Pruttel-pruttel. Sit die deksel op en laat die pot kook. Verminder dadelik die hitte (jy het net 3 of 4 blokkies houtskool onder die pot nodig; die vloeistof moet net-net borrel) en laat dit vir 3½-4 uur prut. Roer dit elke 20 minute liggies om en maak tog seker die besigheid kook nie droog nie – gooi aftreksel of kookwater by as die vloeistof min raak.
4 Opskeptyd! Sit dit voor op witrys.

Weg sê: Jou mense (en die bure) het nog nooit so iets geproe nie... 

Terug kos toe | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Soek - Watertandrespete

Kooktoerusting

Moenie dat koue koffie jou die moer in maak nie.

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek