Bruinrysslaai
Jy benodig (vir 6 mense)
• 1 koppie rou bruinrys
• 80 ml olyfolie
• 250 g bruinsampioene, in skyfies gesny
• 1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
• 1 bossie sprietuie, gesny
• ’n stewige hand vol pietersielie, gekap
• sap van 1 suurlemoen
• 2 eetlepels sojasous
• 1 koppie lensiespruite
• 1 groot wortel, gerasper
• 4 eetlepels sonneblomsaad
Só maak jy
1. Korrel vir korrel. Kook die bruinrys volgens die aanwysings op die verpakking.
2. Braai dit tot geurig. Verhit die olie in ’n pan en braai die sampioene tot gaar. Gooi die soetrissieblokkies by en roerbraai dit vir ’n paar minute. Haal dit van die plaat af en voeg die sprietuie, pietersielie, suurlemoensap en sojasous by.
3. Roer alles bymekaar. Meng die rys, sampioenmengsel, lensiespruite, wortel en sonneblomsaad deurmekaar. Reg vir voorsit!
Weg sê: Hierdie slaai raak eintlik nog lekkerder as hy ’n rukkie staan. As jy voel jy wil dit die volgende dag ’n bietjie opkikker en effens klammer maak, meng 1 deel suurlemoensap met 2 dele olyfolie en geur dit met sout en swartpeper.
Gooi dan die sous oor die slaai en lê weg...



















Kommentaar