Bone-en-artisjokslaai
Jy benodig (vir 6 mense)
• 200 g groenboontjies, geblansjeer (dit moet nog bros wees)
• 1 blik (400 g) artisjokke, gedreineer en in kwarte gesny
• 1 blik (410 g) botterbone, gedreineer
• 2-3 eetlepels gekapte pietersielie
• 100 g kersietamaties, middeldeur gesny
Vir die slaaisous
• 125 ml olyfolie
• gerasperde skil van 1 suurlemoen
• sap van ½ suurlemoen
• 1 eetlepel heelkorrelmosterd
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Só maak jy
1 Almal tesame. Meng die groenboontjies, artisjokke, botterbone, pietersielie en tamaties alles saam in ’n mengbak.
2 Nou slaaisous. Meng al die bestanddele vir die slaaisous en gooi die helfte daarvan oor die groente. Laat dit vir ongeveer ’n halfuur staan.
3 Maak mooi. Skep die slaai op ’n opdienbord en drup die res van die slaaisous oor.
Weg sê: Dié slaai is ideaal vir wanneer jy kamp en die geriewe maar skraps is.

























Kommentaar