Previous Next

Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Groente oor die kole


As jy hou van iets kleurryks op jou bord, is hierdie pakkies vir jou.
zoommore

As jy hou van iets kleurryks op jou bord, is hierdie pakkies vir jou.


Jy benodig (vir 6 mense)
• 1 groot botterskorsie, in blokkies gesny
• 250 g sampioene, middeldeur gesny
• 250 g babamielies, middeldeur gesny
• 250 g murgpampoentjies, in stukke gesny
• 2 rooi soetrissies, in repe gesny
• 4 heel knoffelbolle, boonste deel afgesny
• olyfolie
• vars suurlemoensap
• botter
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Só maak jy
1 Maak eers gaar. Die botterskorsie neem ’n bietjie langer as die res van die groente om gaar te word – stoom dit dus eers vir ’n paar minute in water om dit halfgaar te kry. Andersins moet jy dit in baie klein blokkies sny.
2 Draai toe. Sit al die groente op ’n groot stuk foelie en drup die olyfolie en suurlemoensap oor. Stip dit met botter en geur dit dan met sout en swartpeper. As jy vars kruie het, sprinkel ’n bietjie oor alles. Vou die foelie om die groente toe en draai die pakkie in nóg ’n laag foelie toe.
3 Kole toe. Sit die groentepakkie in die kole – nie rooiwarm nie, net matig. Draai die pakkie elke paar minute om. Ná sowat 30 minute is die groente lekker sag.

Weg sê: Jy kan ook ’n lekker couscous-slaai met dié groente maak. Geur die groente met speserye soos komyn, rooi brandrissie en ’n bietjie suurlemoensap, en roer dit deur gaar couscous. Dié pakkie is amper ’n ete op sy eie.

Terug kos toe | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Soek - Watertandrespete

Kuber Kos Van Blommestein se wildswors

Wildspastei

Kooktoerusting

Dit kan op enige soort braai gebruik word.

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek