Roomys in die veld
Almal ry mos deesdae met vrieskaste in die 4x4 voertuie. Roomys bestaan uit net 4 bestanddele en dis gou om te maak.
Jy benodig
- 500 ml rêrige êrige room
- 1 botteltjie venieljegeursel
- 1 blikkie kondensmelk
- 'n bietjie sout (maar dit het jy mos)
Só maak jy
- Gooi die room in 'n bak en klop tot goed styf, net so voor dit botter raak.
- Gooi een eetlepel vanieljegeursel by die room.
- Voeg 'n knippie sout by.
- Vou die blikkie kondensmelk by die mengsel en siedaar, jy is klaar.
- Plaas in jou vrieskassie vir so 2 tot 3 ure en eet die lekkerste tuisgemaakte roomys in die veld.

























Kommentaar