Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Maklike Kerskoek


zoommore

Bettie skryf: "Ek wens een en elk 'n geseënde feestyd toe en welwillendheid in die nuwe jaar. Geniet die reseppie (tong in die kies)."

Jy benodig

  • 1 Koppie water
  • 1 Teelepel koeksoda
  • 1 Koppie suiker
  • 1 Teelepel sout
  • 1 Koppie bruinsuiker
  • Suurlemoensap
  • 4 Groot eiers
  • Neute
  • 1 Bottel brandewyn
  • 2 Koppies droëvrugte


Só maak jy

  1. Proe die Brandewyn om die gehalte te toets.
  2. Neem 'n groot mengbak en proe die Brandewyn.
  3. Maak seker dis die beste gehalte, skink een koppie vol en drink dit. Herhaal.
  4. Skakel die menger aan. Klits een koppie botter in 'n donsige bak.
  5. Voeg 'n teelepel suiker by. Klits weer.
  6. Maak seker die Brandwyn is steeds goed.
  7. Drink nog 'n koppie vir die wis en onwis.
  8. Skakel die menger af. 
  9. Breek twee eiers, gooi dit en die droëvrugte by. Tel die vrugte van die vloer af op. Meng die skakelaar aan.
  10. As die droëvrugte vassjit, sjkroewedraaier dit losj.
  11. Proe die Brandewyn vir gifterigheid. Sif nou twee koppies sout of so iets. Wie gee om? Proe die Brandewyn. Sif die suurlemoenspa, dreineer dei neuter en gooi 'n tafel by.
  12. Dan een lepel sjuiker, of sjo ietsj. Wat jy ook al kan kry.
  13. Smjeer die oond. Draai die koekpan 360°en moenie val nie.
  14. Menger die afskakel. 
  15. Gooi die bak deurrie venster en drunkie laasjte Brandewyn op.

 

Gekersde Seënfees!
 

Terug kos toe | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Soek - Watertandrespete

Kooktoerusting

Moenie dat koue koffie jou die moer in maak nie.

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek