Beesvleis-en-bierpotjie
Jy benodig (genoeg vir 4-6)
• 2 eetlepels sonneblomolie
• 800 g lendeskyfblokkies (sirloin)
• 4 eetlepels meel, gegeur
• ½ pakkie spek, gekap
• 4 knoffelhuisies, fyngedruk
• 1 blikkie (340 ml) bier
• 1 eetlepel tamatiepasta
• 3 wortels, geskil en gesny
• 1 ui, geskil en fyngekap
• 3 selderystingels, fyngekap
• 6-8 baba-aartappels
Só maak jy
1. Gee gas. Verhit die olie in ’n groot potjie. Skud die vleis in die meel (lees die wenk onder) en braai dit bruin. Gooi die spek en knoffel by en braai dit nog ’n paar minute.
2. Regmaker. Gooi die bier by en laat dit ’n paar minute prut. Gooi die tamatiepasta by.
3. Ja, groente ook. Pak die groente in lae op die vleis sodat die aartap-pels bo is. Sit die deksel op en laat dit sowat 90 minute prut.
4. Loer gou. As die sous te dun is, haal die deksel af. En as dit te dik is, gooi nog ’n lekseltjie bier uit jou blikkie by (nie te veel nie).
Wenk: Dit mors minder as jy die vleis in 'n plastieksak in meel skud pleks van om dit met meel te besprinkel.



















Kommentaar